Shaulaf 5H NW12
Shaula
| ||||
![]() | ||||
Shaula se ligging (in die rooi sirkel). | ||||
Sterrebeeld | Skerpioen | |||
Bayer-naam | Lambda Scorpii | |||
Spektraaltipe | B2IV + DA7,9[1] | |||
Soort | Veelvoudig | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 17h 33m 36.520s[2] | |||
Deklinasie | -37° 06′ 13.76″[2] | |||
Skynmagnitude (m) | 1,62 / 14,9 / 12[2][3] | |||
Absolute magnitude (M) | -3,7[4] | |||
B-V-kleurindeks | -0,24[5] | |||
U-B-kleurindeks | -0,88[5] | |||
Besonderhede | ||||
Komponent 1 | λ Sco A | |||
Massa (M☉) | 14,5 ± 1,1[6] | |||
Radius (R☉) | 8,8 ± 1,2[6] | |||
Ligsterkte (L☉) | 36 300[6] | |||
Temperatuur (K) | 25 000 ± 1 000[6] | |||
Rotasiespoed (km/s) | 150[6] | |||
Komponent 2 | λ Sco B | |||
Massa (M☉) | 9,6-11,6[6] | |||
Radius (R☉) | 4,7 ± 1[6] | |||
Temperatuur (K) | 25 000 ± 1 000[6] | |||
Eienskappe | ||||
Afstand (ligjaar) | 570 | |||
Ouderdom (jaar) | 10-13 miljoen | |||
Veranderlikheid | Beta Cephei (A)[6] | |||
Ander name | ||||
35 Scorpii, HR 6527, CD -37 11673, HD 158926, SAO 208954, FK5 652, HIP 85927, CCDM J17336-3706A/B/C | ||||
|
Shaula (ook bekend as Lambda Scorpii of λ Sco) is, ondanks sy Bayer-aanwysing as lambda, die tweede helderste ster in die sterrebeeld Skerpioen (Scorpius) en een van die helderste sterre in die naglug.
Inhoud
- 1 Name
- 2 Eienskappe
- 3 Kultuuraspek
- 4 Verwysings
- 5 Eksterne skakels
Name[wysig | wysig bron]
Die ster se Bayer-naam is "Lambda Scorpii". Dit het die tradisionele naam "Shaula", wat van die Arabiese الشولاء al-šawlā´, "die opgeligte stert", kom omdat dit in die Skerpioen se stert voorkom. In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN)[7] die naam "Shaula" vir λ Scorpii Aa goedgekeur omdat hulle name aan individuele sterre toegeken het in plaas van aan stergroepe.[8][9]
Saam met υ Scorpii (Lesath), was Shaula in die Babiloniese sterrekunde bekend as dSharur4 u dShargaz, wat beteken "Sharur en Shargaz".[10]
Eienskappe[wysig | wysig bron]
Lambda Scorpii is sowat 570 ligjare van die Son af geleë. Spektroskopiese en interferometriese waarnemings het getoon dit is eintlik drie sterre wat bestaan uit twee B-tipe sterre en ’n voorhoofreeksster.[6] Die primêre ster is ’n Beta Cephei-veranderlike met vinnige helderheidswisselings van sowat ’n honderdste van ’n magnitude.[11][12]
Die voorhoofreeksster het ’n wentelperiode van ses dae en die B-metgesel ’n periode van 1 053 dae. Die drie sterre lê op dieselfde wentelvlak, wat ’n sterk aanduiding is dat hulle op dieselfde tyd gevorm het. Die massa van die primêre ster, voorhoofreeksster en B-metgesel is onderskeidelik 14,5, 2 en 10,6 sonmassas. Die stelsel is sowat 10 miljoen tot 13 miljoen jaar oud.
’n Ster van die 15de magnitude is 42 boogsekondes van die Lambda Scorpii-stelsel af en ’n ster van die 12de magnitude 95 boogsekondes. Dit is onseker of dié twee sterre fisiek met die stelsel verbind is.
Kultuuraspek[wysig | wysig bron]
Shaula verskyn op die vlag van Brasilië en verteenwoordig die staat Rio Grande do Norte.
Verwysings[wysig | wysig bron]
- ↑ (2013) “Where are all the Sirius-like binary systems?”. Monthly Notices of the Royal Astronomical Society 435 (3): 2077. doi:10.1093/mnras/stt1433.
- ↑ 2,0 2,1 2,2 (2007) “Validation of the new Hipparcos reduction”. Astronomy and Astrophysics 474 (2): 653–664. doi:10.1051/0004-6361:20078357.
- ↑ Reed, B. Cameron (2003), "Catalog of Galactic OB Stars", The Astronomical Journal 125 (5): 2531–2533, doi:10.1086/374771, Bibcode: 2003AJ....125.2531R.
- ↑ (1975) “The luminosities of the beta Canis Majoris variables, the zero age main sequence and the distance of the Sco-Cen association”. Monthly Notices of the Royal Astronomical Society 172: 191. doi:10.1093/mnras/172.1.191.
- ↑ 5,0 5,1 (1993) “A catalogue of spectral classification and photometric data of B-type stars”. Astrophysics and Space Science 203: 53. doi:10.1007/BF00659414.
- ↑ 6,0 6,1 6,2 6,3 6,4 6,5 6,6 6,7 6,8 6,9 (2013) “Time-resolved multicolour photometry of bright B-type variable stars in Scorpius”. Astronomy & Astrophysics 557: A1. doi:10.1051/0004-6361/201321886.
- ↑ "IAU Working Group on Star Names (WGSN)". Besoek op 22 Mei 2016.
- ↑ Kunitzsch, Paul; Smart, Tim (2006). A Dictionary of Modern star Names: A Short Guide to 254 Star Names and Their Derivations (2de hers. uitg.). Cambridge, Massachusetts: Sky Pub. ISBN 978-1-931559-44-7.
- ↑ "IAU Catalog of Star Names". Besoek op 28 Julie 2016.
- ↑ Rogers, J. H. (Februarie 1998). “Origins of the ancient constellations: I. The Mesopotamian traditions”. Journal of the British Astronomical Association 108 (1): 9–28.
- ↑ (2004) “Interpretation of the variability of the β Cephei star λ Scorpii”. Astronomy and Astrophysics 427 (2): 581–592. doi:10.1051/0004-6361:20041223.
- ↑ (2006) “Orbital elements, masses and distance of λ Scorpii a and B determined with the Sydney University Stellar Interferometer and high-resolution spectroscopy”. Monthly Notices of the Royal Astronomical Society 370 (2): 884. doi:10.1111/j.1365-2966.2006.10526.x.
Eksterne skakels[wysig | wysig bron]
Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Koördinate: 17h 33m 36.520s, −37° 06′ 13.76″